Kommentaar

Wat dink 2009 se Veldkampers?


"Harde werk met baie min slaap – Love dit!"

"Meer tyd kry om water te drink om enige siektes te voorkom. Baie lekker kamp en maak jou sterker!"

"Dit was ‘n ongelooflike kamp. Dit verander lewens!"

"Kamp was aan die begin hard, maar as ek weer sou kon, doen ek die kamp oor – dit was baie lekker!"

"Een woord – ONGELOOFLIK! Dit het iets aan my menswees gedoen. Dankie"

"Die kamp was fantasties! Dit leer jou ongelooflik baie van jouself. Baie dankie vir al die moeite!"

"Die kamp was te kort, dankie dit was lekker"

"Veldkamp was beslis die lekkerste kamp en iets wat ek in die toekoms kan gebruik. Ek besef dat ek ‘n bietjie meer in staat tot dinge kan wees as ek in myself glo en vir myself sê: EK KAN. Dankie vir elke kwaai instrukteur wat die onmoontlike dinge vir ons moontlik gemaak het!"
 

Aan die begn wou ek nt wegkm, ma veldkamp j ht my n andr person gemak, j ht my lat raksien dar is meer in my as wt dar is, Veldkamp is di GREATSTE kamp!"Ek sukkel nog om woorde te kry om die kamp te beskryf. Ek weet dit was hard en erg, maar dit het my soveel geleer. Dit het my defnitief laat uithou en aanhou!!

Aan peleton 1 - julle was die beste, en julle weet dit!!!

Aan al die instrukteurs en almal wat gehelp het, julle het vir elke vorie 'n nuwe lewens-ervaring laat beleef!!

Oor 'n paar jaar sal ek beslis tannie Elma se posisie oorvat : "VELDKAMP, JY MAAK DIT NIE - KRY VIR JOU DIE HEK"

Veldkamp, veldkamp
dis die plek om te wees -
baie PT en net so baie gees!!!

Kry vir jou daai hek.. dis verseker 5woorde wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie! Peloton 2 julle was.. ONGELOOFLIK.. dankie ma, dankie pa en dankie aan Wilmari en PW julle het ons gdra, ghelp, gvorm en gmotiveer. Veldkamp is verseker DIÉ BESTE KAMP OOOOIT!!!

Pelet0n 3.... Wat is j0u pr0fesi? 'hou di veld leeg en die siekeb0eg v0l'! Ek wil aan alml danki se almal maar veral my eie pelet0n en my kamp 0uers.. As dit ni was vir my span maats nie was ek di 1ste vekenr wat 0p veldkamp ged0od het. Ek het my vriende van v0or af leer ken in n andr lig en myself gwys ek kan want Hy het! Die kamp was my knie werd en ek sal seker maak v0lgnde jaar gaan al 0ns k0mand0 se gr11 mens m0et dit beleef!! Ek sal dit als weer d0en 0m net weer deel te v0el van iets waar ek myself is.. Waar ek pas. Danki pelet0n 3 druk h0m ini r0i! Kniegie uit...

WOW..! Daar is nie woorde om hierdie kamp te beskryf nie.! Gee my i een! Wat spel dit? EEN! Danki an di beste peleton ooooooit.! Mis jule al klaar.! Dankie ma en pa.! Ook al di ofisiere...

BAIE dankie vir 'n onvergeetlike kamp!! Veldkamp... "skwat!"

Gee my 'n 1... Wat spel dit 1! Wahaha Peleton 1 ons GEES was ALS!!! Mag elke veldkamper dekking vind.. Op die bed! Vrede dan..

--------------------------------------------------------------------------------------------------

2008

Steek kos weg waar dit gevind kan word, maar verder dankie vir 'n wonderlike kamp

Meer BUS en opwindende lesse asseblief.

Busry was te maklik en offisiere was nie kwaai genoeg nie (Webmeester se kommentaar: Instrukteurs 2009, let op!)

Petrol is goedkoop op Doornkloof.

Lekker, maar nooit weer nie!

Veldkamp is die beste!

"PT" terugbring.

Busry moet strawwer gemaak word.

As jy nog nie op Veldkamp was nie, was jy nog nie op 'n ordentlike kamp nie.

Veldkamp is verreweg die beste Voortrekkerkamp en ek is seker dat dit almal in alle aspekte laat groei het.

Langer stort

Kamp is lekker en opwindend. Gaan voort met die goeie werk.

Ry bus vroeër.

Veldkamp is great!

Fliek moes regte movie gewees het

Meer koffie.

Beste kamp ooit! Klaarstaan...goed, maar rof.

Beste ooit! 'n Belewenis.

TERUG na TUISBLAD


2007 se terugvoer

"A-flippen-mazing!"

Dit was die beste kamp ooit. Julle sal my definitief as Staatmaker hier sien.

Die kamp was die lekkerste waarop ek nog ooit was. My hart bly hier agter.

Heeltemal te min "PT!" Dalk bietjie meer klappers ens. Kamp was baie lekker. Iets wat baie lank onthou gaan word.

Die kamp was baie hard maar lekker. Ek dink die kamp moet net so bly.

Ons moes meer gehardloop het, en minder geslaap het. Die kampvuur in elke peloton was die beste! Doen dit volgende jaar weer.

Dit was baie lekker, behalwe in die operasie het hulle ons kos begrawe.


Veldkamp was uitstekend en uitputtend. Ek sal nooit spyt wees dat ek gekom het nie; dit het my 'n beter mens gemaak. PS: Lekker kos!

Die kamp is baie lekker, maar ons moet meer dril.

Die kamp was onvergeetlik lekker, maar sal dit nie oor wil hê nie. Sterkte aan volgende jaar se Veldkampers.

Dit was uitputtend, maar definitief iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou en op trots sal wees. Dankie.

Die kamp "rock" maar is hard. Gaan groot!

Erg maar lekker

Dit raak beter (lekker) eers op Maandag, maar dis die moeite werd.

Die tannie moet stadiger tot tien tel met klaarstaan, en die hekke moet nader aan mekaar wees.

Dit was 'n baie lekker kamp. Dankie vir al die moeite wat daarin gesit is.

Dit was hard. Het uiterste uithouvermoë en geduld vereis, maar ek het as leier vreeslik gegroei. Selfs "PT" kan strenger wees, want dit bou selfdissipline.

Kry die hek!

Die kampvuur op die operasie was ongelooflik lekker.

Dit was lekker en onvergeetlik. Pierre en Magdel is die beste Pa en Ma in die wêreld.

Susan was en is die "coolste" ma. Sy sal definitief 'n 5 kry - uitstekend! Ma's soos sy maak Veldkamp die moeite werd.


Kommentaar vanaf 2006 se Veldkampers

Noudat ek ook deur die groot Veldkamp is moet ek sê: “ ‘n Voortrekker wat dit nie deurgaan nie mis ‘n helse groot deel van hul Vorie- en kinderlewe”

Baie lekker, mens hardloop net bietjie baie.  Almal moet dit doen. Ek sal dit nooit vergeet nie.  Great kamp

Veldkamp, ek kom terug

Die lekkerste kamp nog,  maar 1 keer was genoeg !  Dankie vir als.  Die kos was heerlik

Ek het vuurvliegies gesien, en sterre en kameelperde. Dit was baie lekker! Ek het uitgevind dat ek beter vermoëns het as wat ek gedink het.

Julle maak ‘n verskil. Meer as wat julle besef.  Dit was ‘n ongelooflike belewenis. Wonderlike mense en lekker kos.  Ek wil nie hê dit moet verby wees nie. Die dril was ongelooflik. Mense soos Susan en tannie Elma maak elke minuut tel. Ek was sterker as wat ek ooit gedink het.

Ek dink baie van die Verkenners besef nie totdat hulle by die huis kom
wat Veldkamp vir hulle beteken het nie. Ek het nooit kans gekry om
ordentlik dankie te sê na die operasie en groot geskarrel Donderdagoggend nie.
 

Toe ek die kamp binnegekom het van die operasie af het die moeg, seer en moedeloosheid verdwyn en Veldkamp een van die grootste belewenisse van my Verkennerlewe geword.
Daar is nie woorde om dankie te sê vir dit wat elke offisier, instrukteur en my "ma" en "pa" vir my beteken het nie. Dis mense soos my ma (Susan) my Pa (Martin), en my driloffisier (Tannie Elma) wat elke minuut en tree die moeite werd gemaak het, net omdat hulle in jou glo. Ek het hoendervleis gekry en trane in my oë gehad toe ons Maandagaand voor die amfiteater ingedril het.

Nogmaals dankie vir 'n belewenis en 'n ongelooflike kamp. Dit was 'n
groot seën om deel te kon wees daarvan. Veldkamp is inderdaad die beste kamp.

Ingrid van der Walt
Peleton 5


TERUG na TUISBLAD